Voorskool

Voorskool (gr RR en R) 

By Laerskool Totius bied ons aan ouers gemoedsrus dat hul kinders in ’n veilige en sorgsame omgewing kan speel, leer en groei. In ons kleiner klasse is onderwysers toegewyd, kreatief en verbind daartoe om elke leerder op sy of haar vlak te ondersteun, terwyl oop en effektiewe kommunikasie met ouers gehandhaaf word.

Ons speel, verf, bou, sing, dans en droom groot — en só lê ons ’n stewige grondslag vir die akademiese pad wat volg.

Laerskool Totius – waar leerders speel-speel leer.