Voorskool

Voorskool (gr RR en R) 

By Laerskool Totius gee ons ouers gemoedsrus dat hul kinders geliefd en gelukkig speel, leer en werk.  In ons kleiner klassies is juffrouens toegewyd en kreatief en daartoe verbind om elke maatjie op sy/haar vlak te ontmoet en met goeie kommunkasie ouers te begelei.  Ons speel, verf, bou, sing, dans en droom groot. So lê ons ‘n stewige fondament vir die akademie wat volg.

Laerskool Totius – waar maatjies speel-speel leer.