Intersenfase

Intersenfase (Gr. 4 – 7)

In die intersenfase word leerders in klein klasse deur vakspesialiste onderrig. Ons onderwysers is GeRat met lidmaatskap aan verskeie vakorganisasies waar topklas Afrikaanse hulpbronne tot hul beskikking is. Lesaanbiedings word verryk met tegnologie soos YouTube en Wolkskool.

Ons kweek toekomstige skrywers en wiskundiges… ons leerders neem jaarliks deel aan kompetisies soos Wen-met-jou-pen en die SAMF wiskunde-uitdaging.

Hier is dit nie net ‘n geval van “all work and no play makes Jack a dull boy” nie (ja, ons ken ons Engels ook!)

Ons maak leer lekker: Ons groei boontjieplante, toets ons smaakkliere, droog vrugte uit, maak kuns van klei en hou ons lywe selfs toekomstige ingenieurs deur hidroliese kaaktoestelle en selfoontorings te bou.

Ons graad 4-7 leerders gaan jaarliks op opvoedkundige kampe -vir seker een van die hoogtepunte op ons kalender!

Met ‘n holistiese benadering tot opvoeding wil ons ‘n ruimte skep vir gebalanseerde, gelukkige kinders wat kan groei tot die beste weergawe van hulleself