Grondslagfase

Grondslagfase (gr. 1-3)

Om te leer en te ontdek op praktiese, kreatiewe maniere, so bou ons breinpaadjies in ‘n Afrikaanse skool waar elke kind saak maak. Waar die waardes van eerlikheid, respek, selfdissipline en verantwoordelikheid reeds van jongs af deel vorm van ons maats se ontwikkeling en waar passievolle onderwysers saam met die ouers hande vat om leerders te laat blom.

Uitstappie, instappies, verf en teken, sing en dans, speel en bou, klim en klouter, fantaseer end room! Kindwees is opwindend by Laerskool Totius.