Grondslagfase
Grondslagfase (gr. 1-3)
In die Grondslagfase leer en ontdek leerders deur praktiese en kreatiewe aktiwiteite. Só word belangrike breinontwikkeling gestimuleer in ’n Afrikaanse skool waar elke kind saak maak.
Ons kweek reeds van jongs af waardes soos eerlikheid, respek, selfdissipline en verantwoordelikheid as deel van elke leerder se ontwikkeling. Passievolle onderwysers werk nou saam met ouers om leerders te ondersteun en te laat groei.
Uitstappies en instappies, verf en teken, sing en dans, speel en bou, klim en klouter, fantaseer en droom — by Laerskool Totius is kindwees ’n opwindende en betekenisvolle ervaring.
