Finansies: 2023

Tydens die Algemene Jaarvergadering (Begrotingsvergadering) wat op Dinsdag 18 Oktober 2022 gehou is, waarheen alle ouers/voogde genooi is, is die skoolgeldbetaling vir 2023 ter tafel gebring. Die teenwoordige ouers is so volledig moontlik ingelig oor die faktore wat bepalend is in die samestelling van die skoolbegroting en is die voorgelegde resolusies vir die 2023 begroting goedgekeur.

Skoolgeld is ‘n statutêre verpligting en is vooruitbetaalbaar op 1 Januarie 2023 vir die skooljaar. Skoolgelde is bepaal volgens die totale getal skooldae vir die skooljaar, m.a.w. skoolvakansies uitgesluit. Die skoolgeld sal in 10 gelyke maandelikse paaiemente vanaf 1 Januarie tot 1 Oktober teen u rekening gedebiteer word. Waar ‘n leerder gedurende die jaar inkom, sal die bedrag verskuldig bereken word in ooreenstemming met die oorblywende skoolweke/dae wat ‘n leerder in Laerskool Totius is.

Leerderuitstappies vir Graad R tot Graad 3 en kampe vir Graad 4 tot 7 word weer vanaf 2023 by die begroting ingesluit en maak deel uit van die skoolfondsbedrag hieronder. Daar sal dus geen addisionele bedrae hiervoor van die ouer verhaal word nie.

SKOOLGELD PER LEERDER EN 3 BETALINGSOPSIES BESKIKBAAR:
Graad Skoolfonds 2023 Eenmalige betaling voor of op 31 Desember 2022 7% korting toegestaan Debietorder 10 maande vanaf 1 Januarie tot 31 Oktober Internetbetaling 10 maande vanaf 1 Januarie tot 7 Oktober
Graad RR R19 040.00 R17 707.20 R1 904.00 R1 904.00
Graad R R18 740.00 R17 428.20 R1 874.00 R1 874.00
Graad 1 tot 7 R18 240.00 R16 963.20 R1 824.00 R1 824.00

VOORSORG:

‘n Voorsorgdiens is beskikbaar soggens vanaf 06:00 tot 07:30 vir graad RR, graad R en graad 1 leerders teen ‘n fooi van R2 200.00 vir die jaar vooruitbetaalbaar in 10 gelyke paaiemente vanaf 1 Januarie tot 1 Oktober.

NASKOOLSORG:

Die nasorgtarief is bepaal volgens die totale getal skooldae vir die skooljaar, m.a.w. skoolvakansies uitgesluit. Die nasorg sal in 10 gelyke maandelikse paaiemente vanaf 1 Januarie tot 1 Oktober teen u rekening gedebiteer word. Waar ‘n leerder gedurende die jaar inkom, sal die bedrag verskuldig bereken word in ooreenstemming met die oorblywende skoolweke/dae wat ‘n leerder in die nasorg sal wees. Voedsel word voorsien. Naskoolsorg kwalifiseer nie vir verminderde betaling nie. Indien u van die naskoolsorg gebruik wil maak in 2023 kan u ‘n epos stuur aan nasorg@totius.co.za om die inskrywingsvorm te ontvang (nuwe en huidige nasorgleerders).

Tarief 2023 voldag: R13 200.00

Tarief 2023 halfdag: R11 100.00

VRYSTELLING/VERMINDERING VAN BETALING VAN SKOOLGELD DEUR OUERS/VOOGDE

’n Ouer/aanneemouer/voog wat van die betaling van skoolgeld vir elke individuele kind vrygestel wil word, of in aanmerking wil kom vir ‘n verminderde betaling, moet skriftelik by die Voorsitter van die Beheerliggaam aansoek doen. Dui op die finansiële onderneming aan indien u vir vermindering wil aansoek doen. Die Finansiële Beampte sal die nodige inligting aan u epos. U bly aanspreeklik vir skoolgeldbetaling totdat u skriftelik deur die Beheerliggaam in kennis gestel word van die uitslag van u aansoek. Let daarop dat geen aansoek om vermindering/vrystelling van skoolgeld vir graad RRgedoen kan word nie.