Finansies: 2026
Tydens die Algemene Jaarvergadering, gehou op Donderdag, 16 Oktober 2025, is die begroting en die skoolfonds vir 2026 aan die teenwoordige ouers voorgelê. Hulle is so volledig moontlik ingelig oor die faktore wat bepalend is vir die samestelling van die skoolbegroting.
Skoolgeld is ‘n statutêre verpligting en is vooruitbetaalbaar op 1 Januarie 2026 vir die skooljaar. Dit word bepaal volgens die totale aantal skooldae vir die skooljaar, met ander woorde skoolvakansies uitgesluit. Die skoolgeld sal in 10 gelyke maandelikse paaiemente vanaf 1 Januarie tot 1 Oktober teen u rekening gedebiteer word.
Leerderuitstappies vir graad RR en leerderuitstappies vir graad R tot Graad 3 word by die begroting ingesluit en vorm deel van die skoolfondsbedrag, met geen addisionele koste vir die ouer(s) nie.
Kampe vir graad 4 tot 7: Vervoerkoste van R150 per leerder sal betaalbaar wees, met geen verdere addisionele koste vir die ouer(s) nie.
Robotika: Alle leerders vanaf graad R tot Graad 7 sal onderrig ontvang.
Vanaf 2026 sal alle grade, vanaf graad RR tot Graad 7, dieselfde skoolfonds betaal.
SKOOLGELD PER LEERDER EN 3 BETALINGSOPSIES BESKIKBAAR:
| Graad | Skoolfonds 2026 | Opsie 1 8% Korting toegestaan vir eenmalige betaling voor of op 31 Desember 2025. | Opsie 2 Debietorder: 10 maande vanaf 1 Januarie tot 31 Oktober 2026. | Opsie 3 Internetbetaling: 10 maande vanaf 1 Januarie tot 7 Oktober 2026. |
| Graad RR tot 7 | R23 360.00 | R21 491.20 | R2 336.00 | R2 336.00 |
VOORSORG:
‘n Voorsorgdiens is soggens vanaf 06:30 tot 07:15 beskikbaar teen ‘n koste van R2 200,00 per jaar, betaalbaar in 10 gelyke maandelikse paaiemente van R220,00 vanaf 1 Januarie tot 1 Oktober 2026.
NASKOOLSORG
Die nasorgtarief word bepaal volgens die aantal skooldae vir die jaar, met ander woorde skoolvakansies uitgesluit. Die nasorgfooi sal in 10 gelyke maandelikse paaiemente vanaf 1 Januarie tot 1 Oktober teen u rekening gedebiteer word. Voedsel word voorsien.
Naskoolsorg kwalifiseer nie vir verminderde betaling nie, en geen korting word daarop toegestaan nie.
Vanaf 2026 sal slegs die volgende dienste beskikbaar wees:
| Diens | Graad | Koste |
| Voldag tot 17:30 | Alle grade | R16 500.00 teen R1 650.00 per maand. |
| Halfdag tot 14:00 | Graad RR tot 2 | R14 000.00 teen R1 400.00 per maand |
| Dagbesoeker | Alle grade | R95.00 per dag |
VRYSTELLING/VERMINDERING VAN BETALING VAN SKOOLGELD DEUR OUERS/VOOGDE
‘n Ouer, aanneemouer of voog wat van die betaling van skoolgeld vir ‘n individuele kind vrygestel wil word, of wat in aanmerking wil kom vir ‘n verminderde betaling, moet skriftelik by die Voorsitter van die Beheerliggaam aansoek doen.
Dui asseblief op die finansiële onderneming aan indien u om vermindering wil aansoek doen. Die Finansiële Beampte sal die nodige inligting per e-pos aan u stuur.
U bly aanspreeklik vir die betaling van skoolgeld totdat u skriftelik deur die Beheerliggaam van die uitslag van u aansoek in kennis gestel word.
Let daarop dat geen aansoek om vermindering of vrystelling van skoolgeld vir graad RR ingedien kan word nie.
