Inskrywings
Word ‘n Totius-Terriër
Dit is wonderlik dat u u kind as ‘n Terriër wil inskryf!
Laai ons inskrywingsvorm af, heg al die nodige dokumentasie aan en handig dit by die skoolkantoor in.
Kontak ons gerus indien u enige navrae oor inskrywings het.
Alle inskrywingsvorms moet asseblief persoonlik by die skool ingehandig word.
Toelatingsouderdomme
Graad RR: Die graad bestaan uit twee ouderdomsgroepe:
- Leerders wat voor 30 Junie van die toelatingsjaar 4 jaar oud word.
- Leerders wat 4 jaar oud is en gedurende die toelatingsjaar 5 jaar oud word.
Graad R: Leerders wat 5 jaar oud is en gedurende die toelatingsjaar 6 jaar oud word.
Graad 1: Leerders wat 6 jaar oud is en gedurende die toelatingsjaar 7 jaar oud word.
