Visie, Missie en Waardes

VISIE EN MISSIE VAN DIE SKOOL

ONS VISIE

Laerskool Totius is ‘n skool van uitnemende gehalte. By ons leerdergesentreerde skool, met opvoeders as rolmodelle en ‘n meelewende ouergemeenskap, voed ons leerders in Afrikaans en in geborgenheid in hulle volle menswees op om diensbaar te wees in die Suid-Afrikaanse werklikheid. Ons bevorder hoë morele waardes en skep ruimte vir verskillende godsdienste.

ONS MISSIE

Wanneer ons na Laerskool Totius kyk, sien ons ‘n skool

1.         van uitnemende gehalte, wat insluit
a)         innoverende, eietydse opvoeding en onderwys
b)         die doeltreffende implementering en monitering van die kurrikulum
c)        visioenêre, vernuwende en verantwoordelike beheer en bestuur, met sensitiwiteit  vir diversiteit

KERNPROSESSE

2.         waar die beste belang van ons leerders in die middelpunt staan van alles wat ons doen

ONS

MENSE

Leerders

3.         waar opvoeders in goeie omstandighede werk en op innoverende wyse as rolmodelle funksioneer

Opvoeders

4.         waar ouers meelewend en konstruktief saam met die skool dink en doen

Ouers

5.         waar hoë morele waardes uitgeleef word en waar ons leerders hierdie waardes aanleer, insluitende

            a) respek vir mense en die omgewing

            b)integriteit                  c) eerlikheid

            d) betroubaarheid        e) nie-diskriminasie

            f) gehoorsaamheid      g) lojaliteit

            h) diensbaarheid

ONS MORELE

WAARDES

6.         waar leerders in geborgenheid en veiligheid tot hulle volle potensiaal in hulle volle menswees    opgevoed word, met  ‘n gesonde balans tussen die verskillende fasette van hulle lewens (intellektueel, fisies, geestelik, sosiaal en kultureel)

HOLISTIES

BALANS

7.         waar leerders opgevoed word om later gemaklik, suk-

           sesvol en met vertroue te kan funksioneer in die Suid-

           Afrikaanse werklikheid binne die vroeg-21ste eeuse

           wêreldwye gemeenskap

REALISTIES EN

TOEKOMSGERIG

8.         waar daar ruimte is vir opvoeders en leerders om hulle godsdienstige oortuigings uit te leef

            a)    sonder dwang,

            b) met respek teenoor die godsdienstige oor- tuigings van minderhede sowel as die  meerderheid

GODSDIENS

9.         wat Afrikaans as onderrigtaal gebruik, binne die ruimte van die taaltransformasieplan.

TAAL