Nasorg

1. STREWE

Die nasorg streef daarna om:

• ’n diens, waarin na die algemene en emosionele welsyn van die betrokke leerders omgesien word, te bied;
• die ouer te steun met betrekking tot die kind se fisiese en akademiese ontwikkeling;
• deeglike toesig en beheer toe te pas ten einde die leerders se veiligheid te verseker.

 

2. AANSOEK OM TOELATING

• Ingeskrewe leerders van Laerskool Totius kan by die nasorg ingeskryf word.
• In uitsonderlike gevalle kan die Beheerliggaam ‘n buite-leerder tot die nasorg toelaat op voorwaarde dat die leerder ‘n broer/suster in Laerskool Totius het en ook voldoen aan die toelatingsvereistes vir die volgende skooljaar ontvang het. Hierdie vergunning kan gewysig word waar die nasorg nie genoegsame akkommodasie het nie.

• Slegs ’n volledig voltooide aansoekvorm (Bylaag A), onderteken deur albei ouer(s)/voog(de) van die betrokke leerder vir wie aansoek gedoen word, sal aanvaar word.
• Vir elke leerder moet ’n afsonderlike aansoekvorm voltooi word.
• Kleuters moet onafhanklik wees ten opsigte van die gebruik van die kleedkamer.

 

3. NASORG

Vanaf 2026 sal slegs die volgende dienste beskikbaar wees:

DiensGraadKoste
Voldag tot 17:30Alle gradeR16 500.00 teen R1 650.00 per maand.
Halfdag tot 14:00Graad RR tot 2R14 000.00 teen R1 400.00 per maand
DagbesoekerAlle gradeR95.00 per dag

VAKANSIESORG:

(daagliks vanaf 07:00 tot 17:30)

·      Die Skool bied vakansiesorg aan vir ouers wie leerders in Laerskool Totius het.

·      Die vakansiesorg tarief is nie deel van die normale nasorg tarief nie.

·      Die nasorg is gesluit op publieke vakansiedae en skoolvakansiedae.

·    Die nasorg/vakansiesorg se datumrooster sal aan die begin van elke jaar aan ouers uitgestuur word om enige ander dae wat nasorg/vakansiesorg gesluit is, buite bogenoemde datums, aan ouers te kommunikeer.

·      Ouers sal skriftelik in kennis gestel word van vakansiesorg-reëlings, waarna ouers skriftelik ’n leerder se verblyf moet bespreek.

Net leerders van Laerskool Totius mag die vakansiesorg bywoon.