Nasorg

1. STREWE

Die nasorg streef daarna om:

• ’n diens, waarin na die algemene en emosionele welsyn van die betrokke leerders omgesien word, te bied;
• die ouer te steun met betrekking tot die kind se fisiese en akademiese ontwikkeling;
• deeglike toesig en beheer toe te pas ten einde die leerders se veiligheid te verseker.

2. AANSOEK OM TOELATING
• Ingeskrewe leerders van Laerskool Totius kan by die nasorg ingeskryf word.
• In uitsonderlike gevalle kan die Beheerliggaam ‘n buite-leerder tot die nasorg toelaat op voorwaarde dat die leerder ‘n broer/suster in Laerskool Totius het en ook voldoen aan die toelatingsvereistes vir die volgende skooljaar ontvang het. Hierdie vergunning kan gewysig word waar die nasorg nie genoegsame akkommodasie het nie.

• Slegs ’n volledig voltooide aansoekvorm (Bylaag A), onderteken deur albei ouer(s)/
voog(de) van die betrokke leerder vir wie aansoek gedoen word, sal aanvaar word.
Vir elke leerder moet ’n afsonderlike aansoekvorm voltooi word.
• Kleuters moet onafhanklik wees ten opsigte van die gebruik van die kleedkamer.

3. NASORG

 

GEWONE  SKOOLDAE
(gedurende die skoolkwartaal vanaf 12:00 tot 17:30)
GRAADHALFDAGVOLDAG
Graad RR12:00 tot 14:0012:00 tot 17:30
Graad R13:00 tot 15:0013:00 tot 17:30
Graad 1 en 213:15 tot 15:1513:15 tot 17:30
Graad 313:45 tot 16:0013:45 tot 17:30
Graad 4 tot 714:00 tot 16:0014:00 tot 17:30

VAKANSIESORG:

(daagliks vanaf 07:00 tot 17:30)

·      Die Skool bied vakansiesorg aan vir ouers wie leerders in Laerskool Totius het.

·      Die vakansiesorg tarief is nie deel van die normale nasorg tarief nie.

·      Die nasorg is gesluit op publieke vakansiedae en skoolvakansiedae.

·      Die nasorg/vakansiesorg se datumrooster sal aan die begin van elke jaar aan ouers uitgestuur word om enige ander dae wat nasorg/vakansiesorg gesluit is, buite bogenoemde datums, aan ouers te kommunikeer.

·      Ouers sal skriftelik in kennis gestel word van vakansiesorg-reëlings, waarna ouers skriftelik ’n leerder se verblyf moet bespreek.

Net leerders van Laerskool Totius mag die vakansiesorg bywoon.