Bemarking

Bemarkingsgeleenthede:
Advertensiemoontlikhede

Totius bied verskeie bemarkingsgeleenthede aan huidige asook potensiële nuwe borge.

U ondersteuning aan ons leerders en skoolgemeenskap, stel ons in staat om die nodige fondse te genereer wat aangewend word om ons ideale te bereik. Verder bied dit verdere bewusmakingsvoordele en groei vir u maatskappy aan.

Bydraes op die gebied verseker ook dat ons leerders steeds die beste onderrig op akademiese-, sport- en kulturele gebied ontvang.

Neem deel aan ons verskeie bemarkingsgeleenthede en put voordeel uit die blootstelling en waarde wat dit tot u besigheid sal toevoeg.

Dagboek 2024
Elke leerling ontvang jaarliks ‘n huiswerkboekie wat jaarbeplanning en datums van belangrike skool geleenthede insluit, verskeie advertensiespasies teen minimale kostes is beskikbaar.

Advertensieborde op die sportvelde
Verskeie advertensiespasies is op die sportgronde beskikbaar.

Adverteer op D6
Adverteer op ons skool se D6 toepassing vir selgs R300.

Terrier ads
Ons webtuiste bied ook verskeie advertensie geleenthede wat maandeliks opgedateer word.
Advertensies is toeganklik vir alle webblad gebruikers asook ouers en leerlinge. Met ongeveer 600 leerlinge bied Terrier ads die geskikte geleentheid om blootstelling aan u besigheidsmerk te bied.

Kontak gerus bemarking@totius.co.za, indien u meer inligting oor die verskeie bemarkingsgeleenthede verlang.