Nasorg
1. STREWE
Die nasorg streef daarna om:
• ’n diens, waarin na die algemene en emosionele welsyn van die betrokke leerders omgesien word, te bied;
• die ouer te steun met betrekking tot die kind se fisiese en akademiese ontwikkeling;
• deeglike toesig en beheer toe te pas ten einde die leerders se veiligheid te verseker.
2. AANSOEK OM TOELATING
• Ingeskrewe leerders van Laerskool Totius kan by die nasorg ingeskryf word.
• In uitsonderlike gevalle kan die Beheerliggaam ‘n buite-leerder tot die nasorg toelaat op voorwaarde dat die leerder ‘n broer/suster in Laerskool Totius het en ook voldoen aan die toelatingsvereistes vir die volgende skooljaar ontvang het. Hierdie vergunning kan gewysig word waar die nasorg nie genoegsame akkommodasie het nie.
• Slegs ’n volledig voltooide aansoekvorm (Bylaag A), onderteken deur albei ouer(s)/
voog(de) van die betrokke leerder vir wie aansoek gedoen word, sal aanvaar word.
Vir elke leerder moet ’n afsonderlike aansoekvorm voltooi word.
• Kleuters moet onafhanklik wees ten opsigte van die gebruik van die kleedkamer.
3. NASORG
GRAAD | HALFDAG | VOLDAG |
---|---|---|
Graad RR | 12:00 tot 14:00 | 12:00 tot 17:30 |
Graad R | 13:00 tot 15:00 | 13:00 tot 17:30 |
Graad 1 en 2 | 13:15 tot 15:15 | 13:15 tot 17:30 |
Graad 3 | 13:45 tot 16:00 | 13:45 tot 17:30 |
Graad 4 tot 7 | 14:00 tot 16:00 | 14:00 tot 17:30 |
VAKANSIESORG:
(daagliks vanaf 07:00 tot 17:30)
· Die Skool bied vakansiesorg aan vir ouers wie leerders in Laerskool Totius het.
· Die vakansiesorg tarief is nie deel van die normale nasorg tarief nie.
· Die nasorg is gesluit op publieke vakansiedae en skoolvakansiedae.
· Die nasorg/vakansiesorg se datumrooster sal aan die begin van elke jaar aan ouers uitgestuur word om enige ander dae wat nasorg/vakansiesorg gesluit is, buite bogenoemde datums, aan ouers te kommunikeer.
· Ouers sal skriftelik in kennis gestel word van vakansiesorg-reëlings, waarna ouers skriftelik ’n leerder se verblyf moet bespreek.
Net leerders van Laerskool Totius mag die vakansiesorg bywoon.