Uit die Skoolhoof se kantoor
Laerskool Totius is ‘n trots-afrikaanse leerdergesentreerde laerskool in die hartjie van Boston, Bellville waar die leerlinge hulself kan uitleef in ‘n familie-gedrewe omgewing. Hier droom ons saam om elke individu se potensiaal te ontgin en voor te berei om ‘n positiewe bydrae te kan lewer as volwassenes. Die fokus is om die leerlinge in totaliteit te ontwikkel en ‘n balans te vind tussen die akademie, sport, kultuur, sosialisering en spiritualiteit.
Respek, selfdissipline, verantwoordelikheid en eerlikheid is die fondasie van waardes waarop ons bou om innoverende, inklusiewe onderrig aan ons leerlinge te bied. Die skool beskik oor passievolle onderwysers wat positiewe rolmodelle is en ‘n leeromgewing skep waarin ons leerlinge kan floreer. Dit vorm ‘n integrale deel van die missie wat ons nastreef.
Laerskool Totius is voorwaar ‘n familie-skool waarop ons baie trots is.
H. Bester
Skoolhoof